LumiScore
Taste Test
← Back to books

Toorbos

by Dalene Matthee

First published 2003

LumiScore—

Insufficient ratings

Your Match—

Take the Taste Test or rate books to see your match.

About this book

Toorbos is ´n bosromanse. Dit is die storie van ´n ingewyde 'bosvrou' se intieme verbintenis met die boomhart van die bos, en hoe dit ´n hindernis geword het in haar belewenis van die man wat sy liefkry. Karoliena Kapp is ´n alleenkind wie se moeder drie mans gehad het, en wat as werklik onsimpatieke ma figureer.

Haar pa is vroeg-vroeg deur 'n weerligstraal doodgeslaan, en sy aanvaar die bos as haar oermoeder. Karoliena is mooi; sy word vroeg-vroeg raakgesien deur ´n man, Johannes, ´n boswerkerskind wat hom uit die wurggreep van die bos-armoede losgewikkel het.

Read more

Nog voor sy twintig is, word Karoliena "afgetrou" met hom, en moet sy ´n dorpseggenote word nadat sy geskool is om haar plek in hierdie hiërargie in te neem.

Die wêreld van die bos en van die dorp word in fyn teenstelling tot mekaar geskilder. Dit is twee ordes van bestaan. In die bos is daar ´n mistieke ervaring moontlik – dit is die soort vervoering wat Karoliena soek – terwyl die dorpsbestaan aan ´n selfgerigte geldsoeke gewy word.

Sy is verlief op Johannes – baie ouer as sy – en is half-betower deur die nuwe vooruitsigte wat hy vir haar bied. Maar Karoliena gebruik die heel eerste geleentheid om weg te loop van Johannes, reguit terug bos toe. Want die dag na die huwelik weet sy dat daar "iewers, iewers iets verskriklik verkeerd" is.

Sy het die verkeerde keuse gemaak: sy het van die bos weggevlug. Sy het haar kosbare vryheid verruil vir ´n kou. Nou is sy bang. Sy vat dus die pad terug bos toe, terwyl die pietjiekanarie sonder ophou roep: "wie´s-jy, wie´s-jy".

Source: Open Library

YOUR RATING

Rate this book

Sign in to add your rating. Browsing remains open without an account.

Book information

Author
Dalene Matthee
First published
2003
Edition
Droombos
Publisher
De Groot Goudriaan
Language
DUT
ISBN-13
9789088653223